Janie du Plessis
Home Email

WELKOM

DIE BINNEKRING


GEMEENSKAP

KLIËNTE EN KOMMENTAAR

PROFESSIONEEL


BOEK

GALLERY

SKAKEL ONS

 

 

 
 
Welcome

PERSOONLIK EN PROFESSIONEEL
Motiveringskundige en spreker
Korporatiewe Inspirasie
Seremoniemeester

Janie du Plessis is ‘n gewilde gastespreker, motiveerder en seremoniemeester by besigheidseminare, liefdadigheidsfunksies en korporatiewe werkswinkels.

Nie alleen lyk Janie goed nie, sy praat ook goed.  Haar eerlike en vermaaklike toespraaklewering betower haar gehoor en sy beskik oor die talent om op haar voete te dink met blatante eerlikheid en aansteeklike energie. Sy praat vier tale - Engels, Afrikaans, Portugees en Italiaans.

Janie het baie van die lewe se moeilikste uitdagings in die gesig gestaar en is derhalwe goed toegerus om deur haar voorbeeld te inspireer. Sy praat uit die hart uit en kry dit altyd reg om haar aanbiedings sό te teiken dat dit toepaslik is op die spesifieke gehoor  en ook totaal onvergeetbaar is.

Elke “optrede” is uniek en sy gebruik selde notas. (“My gehoor lei my gewoonlik in die rigting waarin my praatjie moet gaan.”) Sy verkies om haar gehoor te leer ken en verstaan en kry hul vinnig aan haar kant met haar aansteeklike sin vir humor en opregte betrokkenheid. Janie moedig haar gehoor aan om hulself te wil optel... afstof... en ‘n nuwe bladjie om te slaan.

Daar is heelwat meer omtrent Janie as borskanker, moederskap en om die voormalige Mev Beltrami te wees. Sy het unieke sterstatus in Suid-Afrika vir die grootste gedeelte van haar lewe geniet sedert haar eerste openbare optredes. Haar gesig is bekend aan gesinne regdeur die land... van klein kindertjies tot tieners, ouers en oupas en oumas. 

Met Janie du Plessis as die hoofspreker, kan kliënte altyd gerus voel dat hulle ‘n vermaaklike en opbouende praatjie gaan kry wat die gehoor sal laat dink... ‘n boodskap wat hulle vir baie jare sal onthou.

 

     
WELKOM DIE BINNEKRING GEMEENSKAP KLIËNTE EN KOMMENTAAR PROFESSIONEEL BOEK GALLERY SKAKEL ONS

KOPIEREG 2010 l JANIE DU PLESSIS
ALLE REGTE VOORBEHOU
ONTWERP EN ONTWIKKELING DEUR VIRTUALFUSION