Aantreklik, vermaaklik en inspirerend – dis geen verrassing dat Janie du Plessis een van Suid-Afrika se jongste televisie aanbieders ooit was nie. Haar persoonlike sjarme en blywende skoonheid maak van haar ‘n gewilde Suid-Afrikaanse ster wat vandag nog net so in aanvraag is as eregas en tydskrif voorbladnooi, openbare spreker, sowel as vir advertensie promosies, televisieprogramme, toere ensomeer.
Janie het in ‘n literêre gesin grootgeword en derhalwe is dit geen verrassing dat sy ‘n manier met woorde het wat luisteraars wegvoer van die alledaagse nie.
Sy het Regte aan R.A.U. studeer en toe heeltemal van rigting verander met die aanbieding van televisieprogramme soos Teletien en Graffiti, Revue Plus (MNet). Sy het ook geleenthede as openbare spreker regoor die land aanvaar en haar lewe in die kollig begin.
Haar professionele lewe sluit toneelspel in (sy het in vier vollengte rolprente gespeel), modelleerwerk (sy was die Max Factor meisie vir twee jaar), rubriekskrywer vir Huisgenoot sowel as ‘n bemarker van toerisme in Suid-Afrika.
Nadat sy met ‘n Italianer getroud is, het Janie vir menige jare in Italië en Portugal gewoon waar sy blootstelling aan verskillende argitektuurstyle, temas en boustyltendense gekry het. Dit het haar belangstelling in eiendomsontwikkeling geprikkel en haar besigheidslewe in ‘n nuwe rigting gestuur. Terselfdertyd het sy ook ‘n koerant vir verlangende Suid-Afrikaners, wat in Portugal woon, gepubliseer.
Janie woon nou in Kaapstad waar sy vrye teuels aan haar media en bemarkingstalente gee as Besturende Direkteur van haar eie maatskappy, Odev Original Developments. By Odev aanvaar sy elke opdrag met ‘n waarborg van uniekheid. Terwyl haar projekte nie altyd die grootste is nie, is daar nooit ‘n tekort aan oorspronklikheid nie. Janie is nie alleen kreatief en energiek nie, maar sy word boonop gerespekteer vir haar strategiese vaardighede en unieke vermoë om konsepte in visueel antreklike produkte te omskep.
Behalwe vir haar belangstelling in eiendom is Janie ook deesdae die Ere-President van ‘n Kankerfonds en is sy landwyd beskikbaar as openbare spreker. Sy vermaak en inspireer soos min – daarom bly sy ‘n gewilde openbare spreker, motiveerder en vermaaklikheidster.