Janie du Plessis Home Email
Home
Inside Story
Cosummate Speaker
Clients
Comments & Qoutes
Picture Gallery
Book Janie du Plessis Now!
 
 
Comments and Quotes
Things that inspire…


Silence
Jy kan nie skeppend wees tensy jy inspirasie het nie. Jy kan nie inspirasie kry as jy onder druk is nie. Jy moet vir jouself daardie stilte skep.



A second chance
Ek is die hele tyd bewus van die genade wat ek ontvang. As jy ‘n `langer lease’ op die lewe kry, vra jy jouself af, wat gaan ek daarmee doen? Ek’t myself belowe om elke dag met dade van waarde te vul.


Eenvoud
Eenvoud beïndruk my.Om na binne toe te draai waar daar nie mode of besittings is nie en waar dit belangrik is hoe jy voel? Ek verafsku handelsmerk-bewustheid en mense se obsessie met koop. Jy moet aan iemand se kas kan sien wie sy is. As jy my kas oopmaak sal jy dadelik sien hier is ‘n gewone vrou, ‘n gewone mens met plat skoene.

Hartsbesluite
Soms, as jy oorsee is en jy weet nie waar om to eet nie, kies jy instinktief ‘n restaurant en dikwels is dit ‘n ervaring wat jy jou hele lewe lank onthou. Net so, moet jy elke keer as jy voor ‘n keuse staan, eerder met jou hart luister. Jou hart is nie ‘stupid’ nie.



Growth (and about her work)
“Ek moes ‘n boer gewees het.” 
“Die bakstene wat hulle so opmekaar pak is soos die wingerde wat daar groei ‘n mens moet met liefde en geduld daaraan werk en droom oor die voltooide prentjie.”

Natuur
Met my langafstand ryery het ek al die plekke in verskillende seisoene leer ken. Dieselfde berg het elke jaar dieselfde stories om te vertel soos die jaar aangaan. As daar sneeu op die berge is, weet ek, ek moet my kaste regpak.
 

     
HOME INSIDE STORY COSUMMATE SPEAKER CLIENTS COMMENTS AND QUOTES PICTURE GALLERY BOOK JANIE DU PLESSIS NOW!

COPYRIGHT 2009 l JANIE DU PLESSIS
ALL RIGHTS RESERVED
DESIGNED AND DEVELOPED BY VIRTUALFUSION